Alwyn Oberholster

Business Listing or Item Details

Report Abuse

Alwyn Oberholster Alwyn Oberholster

Alwyn Oberholster

is in 1985 gebore in Springs. Hy woon tans in Pretoria. Alwyn se passie vir musiek kom al van “klein tyd” af waar hy in ‘n familie vol musikante groot geword het.

Alwyn is al van skooltyd in die musiekbedryf en leef sy passie vir musiek ten volle uit. Hy is baie gewild onder sy ondersteuners asook ander musikante.

In 2007 het hy in verksie talent kompetisies deelgeneem.. onder andere: Soek die sanger, Afrikaanse Idols, Supersterre en Klipdrift Idols.

Alwyn is ‘n belewenis op die verhoog, sy suiwer stem en lyf swaai vermaak altyd sy gehoor en streef hy daarna hulle almal op hulle tine te hou.

Alwyn het die voorreg gehad om saam met verskeie kunstenaars die verhoog te deel soos Zak van Niekerk, Fredie Nest, Billy Forest, Bobby Angel, Barbara Ray, Sally Vaughn, Jody Wayne en Lance James.

Vanaf 2012 tree hy op by Aardlop en KKNK asook ander feeste. 2013 was hy deel van die Kersfees Skouspel saam Jannie Moolaman, Liza Bronner, Rina Hugo, Jay du Plessis, Alrina de Wit, Kobus Muller, Henrico en Carly Baily. Hy was ook deel van die Afrikaanse musiekfees 13 waar hy die verhoog gedeel het saam met Bobby van Jaarsveld, DJ Ossewa, Manie Jackson, Jak de Priester, Elizma Theron, en verkeie ander kunstenaars.

2013 het hy ook vir die internasionale sanggroep “Smokie” vermaak by hulle media partytjie. 201 het Alwyn by die Oppiwater kunstefees opgetree waar hy “n Neil Diamond tribute gedoen het.

Later in 2014 was sy album “Maak of breek” ook vrygestel, en speel sy liedtjies tans op verskeie radiostasies in Suid Afrika. Einde 2014 het sy loopbaan nog ‘n groter sprong gevat toe hy saam “Vengaboys” hulle toer in Suid Afrika se verhoog ge-open het.

Alwyn sing ook tans vanaf 2014 op die MCS boot saam met verskeie kunstenaars. Hy het tans 2 musiekvideos uit op Kyknet en Youtube.

Sy album doen baie goed. Omdat hy so goed op verhoog is soos op sy CD, is hy baie op aanvraag by funksies, troues, feeste en restaurante.

Contact Information