Die Groen Akker Guesthouse

Business Listing or Item Details

Report Abuse

Die Groen Akker Guesthouse Die Groen Akker Guesthouse

Die Groen Akker Guesthouse

Die Groen Akker is aan die oewer van die Renosterspruit, sowat 14 km vanaf Bloemfontein se SSK en 7 km vanaf die Bloemfontein Lughawe geleë. Dié beeldskone Toskaanse dubbelverdieping-villa is op 'n kleinhoewe van sowat 3 ha geleë en bied 'n stil en rustige omgewing en veilige, plattelandse verblyf ver verwyder van die stad. Ons gerieflike ligging is na aan al die grootste sportgeriewe, kuns- en kulturele sentrums.

Ons bied verblyf in 9 ruim en luukse kamers. Daar is 7 kamers met en suite-badkamers. Elke kamer is individueel versier met standaarde geriewe soos 'n LCD platskerm-TV met M-Net en DStv-kanale, lugversorging, 'n kluis, toiletware, linne, handdoeke en koffie- en teemaakgeriewe. Ons "Executive" of wittebrood-suite is ruim en luuks met 'n leefarea en 'n balkon met 'n uitsig oor die rivier.

Ons het ook konferensiegeriewe en 3 unieke funksielokale om van te kies. Die eerste 2 is albei 180 m² groot en het elkeen 'n balkon met 'n uitsig oor die rivier. Ons raadsale kan ook aangepas word om 'n pousekamer of koffie-sitkamer in te sluit. Die derde lokaal is 300 m² groot en kan ook 'n pousekamer en sitkamer akkommodeer. Ons raadsale het elkeen lugversorging, projektors en skerms, blaaiborde met penne en papier, waterkanne vir yswater, pepermente en koffie- en teemaakgeriewe.

Contact Information

Phone
Address
1 Noord Road , Roodewal, Bloemfontein