HRL PRODUCTIONS

Business Listing or Item Details

Report Abuse

WhatsApp-Image-2020-11-21-at-11.32.35-1024×615 WhatsApp-Image-2020-11-21-at-11.32.35-1024×615

HRL PRODUCTIONS

Ons bied ‘n wye verskeidenheid dienste en ons indrukwekkende kliëntelys bestaan uit ‘n verskeidenheid top kunstenaars, feeste, casinos en besighede. Ons is jou eerste keuse vir alles wat jy benodig vir jou fees, skou of geleentheid – kunstenaars, aanbieders, beoordelaars, klank, beligting, buitelug verhoë tot projekbestuur.

Ons is die antwoord vir uiters professionele, persoonlike en vriendelike diens. Integriteit en etiek is ons kenmerk. Maak nie saak hoe groot of hoe klein die projek is nie, ons help graag. By HRL Productions raak ons kliënte ons vriende – probeer ons gerus!

Wie ons is

HRL Productions is gestig deur Hester Roos. Hester het 'n ongelooflike groot liefde vir die musiek bedryf en om mense te help om bo uit te kom. Hester is n vrou wat die extra myl stap vir haar kliente en kunstenaars.

HRL Productions is gebore en is beslis een van die formidabele rolspelers in die vermaaklikheidsbedryf met meer as 20-jaar ondervinding.

Wat ons doen

Van die land se grootste en suksesvolste kunstenaars vertrou ons om met ons kundigheid en kennis hul loopbane in totaliteit te bestuur.  Ons bestuur jou geleentheid in geheel – jou regterhand van A tot Z.  Bespreek al jou gunstelinge op een plek. Vir spoedige, professionele diens met min administrasie.  Bemarking is sentraal tot enige handelsmerk en die vermaakbedryf is geen uitsondering nie.  Ons help jou met alles wat jy benodig vir jou geleentheid – klank, beligting, AV, verhoog, mobiele verhoog, seremoniemeesters, beoordelaars, verhoogbestuur, kaartjieverkope en soveel meer.

Hoekom ons?

Wanneer HRL Productions by enige projek betrokke raak, is dit met passie en toegewydheid. Dít is dan ook hoe elke aspek van elke geleentheid hanteer word – hoe groot of hoe klein dan ook al.

Die personeel van HRL Productions is ’n goedgeoliede masjien met die krag van hul passie, waardes, bekwaamheid en lojaliteit wat geen onderbreking duld.

Contact Information

Phone
Address
Pretoria - South-Africa